Oorinstituut Bellville, Pasient Terugvoer: Mev. Lallie Thompson

Ons personeel by die Oorinstituut waardeer die positiewe terugvoer van ons pasiente, en ons wil dit graag met u deel.

“Goeie môre, my naam is Lallie Thompson en ek is 61 jaar oud. Ek is gehoor gestremd.

Ek het my gehoor verloor op die ouderdom van 36 jaar. My hele lewe van daar af het drasties verander. Dit was ‘n moeilike pad om te stap, maar ek wil vertel waar my seun vir my ‘n afspraak gemaak het by die Oorinstituut.

Die dag van die 25 ste Mei het ek eerstens gegaan vir ‘n gehoor toets. Ek was selfs skepties of dit gaan help. Ek het regtig net 30% gehoor. Ek moet sê, die vriendelikste hulpvaardigste mense wat my gehelp het. Na ‘n week was my 2 gehoor apparate gereed. Hulle het my so mooi gehelp. Die gehoorstukke is in my ore geplaas en die volgende oomblik het ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan.

Ek kon weer hoor. Vir die eerste keer in jare kon ek weer voëltjies hoor fluit. My kinders het my see toe gevat en toe ek die geluid van die branders hoor was ek ongelooflik emosioneel.

My kinders en familie se frustrasie is op ‘n einde. My angstigheid het verdwyn. Nou kan ek weer kommunikeer sonder ‘n problem. In die tye wat ons maskers moet dra is dit nog moeiliker vir mense wat gehoor gestremd is, want baie keer lees mens lippetaal.

Ek is regtigwaar ongelooflik dankbaar vir al die mense by die Oorinstituut wat my so mooi bygestaan het. My hele lewe het drasties verander.

Asb enige mens wat sukkel met sy of haar gehoor, besoek gerus die Oorinstituut. Dit sal jou hele lewe verander.

Dankie aan die hele span, julle het my werklik waar so baie gehelp.”

Lallie Thomspon, Pasient van Oorinstituut Bellville